Mikhail Baryshnikov

Mikhail Baryshnikov
Baryshnikov in 2014.
Gebore
Michail Nikolajewitsj Barisjnikof

28 Januarie 1948 (1948-01-28)
NasionaliteitSowjetunie (1948–'74), Kanada (1974–'86), VSA (1986–tans)
BeroepDanser, akteur

Mikhail Nikolayevich Baryshnikov (Russies: Михаи́л Никола́евич Бары́шников; gebore op 28 Januarie 1948)[1] is ’n Russiese balletdanser, choreograaf en akteur wat die Sowjetunie verlaat en hom in Amerika gevestig het.[2][3] Hy word dikwels saam met Vaslav Nijinsky en Rudolf Nureyev genoem as een van die grootste balletdansers in die geskiedenis.

Ná ’n belowende loopbaan in die Kirof-balletgeselskap in Leningrad (nou Sint Petersburg) het hy in 1974 na Kanada oorgeloop vir meer Westerse dansgeleenthede. Nadat hy vryskut gedans het, het hy by die New Yorkse Balletgeselskap aangesluit as ’n hoofdanser. Hy was daarna by die American Ballet Theatre, waar hy later die artistieke direkteur geword het.

Baryshnikov het veral moderne danse bevorder en talle werke, insluitende sy eie, aangebied. Sy sukses as akteur op die verhoog en televisie en in rolprente het gehelp dat hy waarskynlik die mees herkende moderne balletdanser is. In 1977 het hy ’n Oscar- en Golden Globe-benoeming gekry vir sy rol as Yuri Kopeikine in die rolprent The Turning Point. Hy het ook ’n aansienlike rol gehad in die laaste seisoen van die TV-reeks Sex and the City.

  1. Sterling, Mary E. (1998). The Seventies. Teacher Created Resources. p. 43. ISBN 1-57690-029-0.
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  3. "Biography Center". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 27 Februarie 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy